Psalms 25:5-9

Psalms 25:5-9 ABA

Leer my om reg te lewe, soos U wil hê, want U is die God wat my red, ek glo altyd dat dit net U is wat my kan help. Here, U moet onthou hoe U altyd jammer was vir my, hoe U altyd gedoen het wat U belowe het. Here, U moenie dink aan die sondes wat ek gedoen het toe ek jonk was nie, U moenie daaraan dink dat ek opstandig was teen U nie. U moet aan my dink omdat U altyd doen wat U belowe het, omdat U goed is. Die Here is goed en Hy doen altyd reg. Dit is hoekom Hy vir sondaars leer hoe hulle moet lewe. Hy laat dit reg gaan met mense wat hulleself nie kan help nie wanneer ander mense hulle oordeel. Hy leer vir die mense wat hulleself nie kan help nie, Hy leer vir hulle hoe hulle moet lewe.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 25:5-9