Psalms 23:2-4

Psalms 23:2-4 ABA

'n Herder bring sy skape na goeie weiveld, hulle eet genoeg en hulle gaan lê. Hy bring hulle na die water, en daar gaan hulle lê en rus. So gee die Here ook vir my nuwe krag, Hy leer vir my om reg te lewe, want ek behoort aan Hom. Ook wanneer ek deur 'n diep en donker vallei moet loop, dan sal ek nie bang wees nie, want U, Here, is by my. U beskerm my soos 'n herder sy skape beskerm met sy stok en met sy kierie.