Psalms 23:1-6

Psalms 23:1-6 ABA

'n Psalm van Dawid. Die Here is my Herder, Hy sorg vir my, ek het genoeg van alles. 'n Herder bring sy skape na goeie weiveld, hulle eet genoeg en hulle gaan lê. Hy bring hulle na die water, en daar gaan hulle lê en rus. So gee die Here ook vir my nuwe krag, Hy leer vir my om reg te lewe, want ek behoort aan Hom. Ook wanneer ek deur 'n diep en donker vallei moet loop, dan sal ek nie bang wees nie, want U, Here, is by my. U beskerm my soos 'n herder sy skape beskerm met sy stok en met sy kierie. U nooi my om by u tafel te sit, maar my vyande moet staan en kyk. U laat my baie belangrik voel, U laat my alles geniet. U is goed vir my, en U doen wat U belowe het, U doen dit oral waar ek gaan, so lank soos ek lewe. Here, ek sal altyd weer terugkom na u tempel, ek sal dit my hele lewe lank doen.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid