Psalms 126:1-6

Psalms 126:1-6 ABA

'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Dit was vir ons soos 'n droom toe die Here dit beter laat gaan het met Sion. Toe het ons gelag en gesing, toe het ander mense gesê: “Die Here het groot dinge gedoen vir hierdie mense.” Die Here hét groot dinge gedoen vir ons, en ons was bly. Here, U moet dit weer beter laat gaan met ons. Dit moet wees soos wanneer daar weer water vloei in die droë slote in die Suid-land. Mense wat huil wanneer hulle koring saai, sal sing wanneer hulle die koring afsny. Iemand wat loop en huil terwyl hy die saadsak dra, sal loop en sing wanneer hy die gerwe dra wat hy afgesny het.