Psalms 103:6-13

Psalms 103:6-13 ABA

Die Here doen reg aan mense, Hy oordeel reg oor die mense wat swaarkry. Hy het vir Moses gesê wat Hy wil hê, Hy het vir die Israeliete gesê wat Hy gedoen het. Die Here is goed vir mense wat swaarkry, Hy is genadig en geduldig, Hy doen altyd wat Hy belowe het. Hy sal ons nie altyd beskuldig nie en nie altyd kwaad bly nie. Hy straf ons oor ons sonde, maar Hy straf ons nie so swaar soos Hy móét nie. Ja, soos die hemel baie hoog is bo die aarde, so doen die Here baie vir die mense wat Hom dien, Hy doen altyd wat Hy belowe het. So ver soos die ooste van die weste is, so ver neem Hy ons sonde weg van ons. Soos 'n pa jammer is vir sy kinders, so is die Here ook jammer vir die mense wat Hom dien

Video for Psalms 103:6-13

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 103:6-13