Spreuke 31:13-22

Spreuke 31:13-22 ABA

Sy maak wol en vlas bymekaar en sy geniet dit om met haar hande te werk. Sy is soos die skepe van 'n handelaar, sy bring van ver plekke die kos wat sy nodig het. Sy staan op wanneer dit nog donker is, sy gee vir haar huisgesin kos en sy gee vir haar bediendes werk. Sy dink goed oor 'n stuk grond en sy koop dit, sy neem van haar eie geld en sy plant daar wingerdstokke. Sy is sterk, sy kan aanhou werk. Wanneer sy sien dat mense graag haar goed koop, dan werk sy die hele nag. Sy steek haar hande uit en sy werk by die spinwiel en die weefstoel. Sy gee graag vir mense wat hulleself nie kan beskerm nie, vir mense wat niks het nie. Wanneer dit sneeu, dan is sy nie bekommerd oor haar huisgesin nie, want hulle dra almal warm klere. Sy maak vir haar komberse, sy dra klere van linne en pers wol.

Video for Spreuke 31:13-22