SPREUKE 31:13-22

SPREUKE 31:13-22 NLV

Sy kry wol en vlas in die hande en verwerk dit met genot. Sy is soos die handelskepe, van ver af bring sy haar kos in. Sy staan op as dit nog nag is. Sy maak ontbyt vir haar huisgesin. Die dag se werk deel sy aan haar slavinne uit. Sy bereken die waarde van ’n stuk grond en koop dit. Sy plant ’n wingerd daarop met die geld wat sy verdien. Sy werk baie hard. Haar hande staan vir niks verkeerd nie. Sy kyk of haar transaksies winsgewend is. Haar lamp brand deur die hele nag. Sy werk met die spinwiel, haar hande is bedrywig met die weefbalk. Haar hand is oop vir die armes. Sy is vrygewig teenoor behoeftiges. Die wintersneeu hou geen vrees in vir haar huisgesin nie. Hulle het almal warm klere. Sy maak vir haarself dekens. Sy dra goeie klere van linne en wol.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid