Spreuke 16:6-12

Spreuke 16:6-12 ABA

As jy wil hê die Here moet jou sondes vergewe, dan moet jy doen wat jy belowe en jy moet aanhou glo. As jy die Here respekteer en Hom dien, dan sal dit nie sleg gaan met jou nie. Wanneer die Here tevrede is met 'n mens se lewe, dan laat Hy ook daardie persoon se vyande in vrede met hom lewe. Dit is beter om 'n bietjie te hê wat jy eerlik gekry het as om baie te hê wat jy nie eerlik gekry het nie. 'n Mens kan planne maak oor wat hy wil doen, maar dit is die Here wat besluit wat sal gebeur. Dit is die Here wat vir die koning sê wat hy moet sê, die koning maak nie foute wanneer hy oordeel nie. Die Here wil hê weegskale moet reg weeg, Hy self besluit hoe swaar die gewigte moet wees. Konings haat dit wanneer mense verkeerd doen, want hulle weet dat hulle lank sal kan regeer as mense reg doen.