SPREUKE 16:6-12
SPREUKE 16:6-12 Bybel vir almal (ABA)
As jy wil hê die Here moet jou sondes vergewe, dan moet jy doen wat jy belowe en jy moet aanhou glo. As jy die Here respekteer en Hom dien, dan sal dit nie sleg gaan met jou nie. Wanneer die Here tevrede is met 'n mens se lewe, dan laat Hy ook daardie persoon se vyande in vrede met hom lewe. Dit is beter om 'n bietjie te hê wat jy eerlik gekry het as om baie te hê wat jy nie eerlik gekry het nie. 'n Mens kan planne maak oor wat hy wil doen, maar dit is die Here wat besluit wat sal gebeur. Dit is die Here wat vir die koning sê wat hy moet sê, die koning maak nie foute wanneer hy oordeel nie. Die Here wil hê weegskale moet reg weeg, Hy self besluit hoe swaar die gewigte moet wees. Konings haat dit wanneer mense verkeerd doen, want hulle weet dat hulle lank sal kan regeer as mense reg doen.
SPREUKE 16:6-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die HERE wyk 'n mens af van die kwaad. As die HERE behae het in die weë van 'n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou. Liewer 'n bietjie met geregtigheid, as 'n menigte van inkomste met onreg. Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe. Die beslissing is op die lippe van die koning; in die regspraak handel sy mond nie ontrou nie. 'n Regte weegtoestel en weegskaal kom van die HERE, al die weegstene in die sak is sy werk. Dit is 'n gruwel vir konings om goddeloosheid te doen, want deur geregtigheid word die troon bevestig.
SPREUKE 16:6-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Liefde en trou bring versoening waar daar verkeerd gehandel is; kwaad word vermy deur die Here te dien. As die Here tevrede is met 'n mens se lewe, laat Hy selfs so 'n mens se vyande in vrede met hom lewe. Liewer min hê en reg lewe as baie inkomste hê deur onreg. 'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop. As die koning praat, is dit met Goddelike gesag; as hy uitspraak lewer, maak hy nie fout nie. Die norme vir die regspraak kom van die Here af; Hy bepaal die maatstawwe. Konings het 'n afsku van verkeerde dade, want 'n troon word deur regverdigheid bestendig.
SPREUKE 16:6-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Deur troue liefde en waarheid word sondeskuld bedek, en deur ontsag vir die HERE vermy 'n mens die kwaad. Wanneer die HERE tevrede is met 'n mens se lewenspaaie, laat Hy selfs sy vyande met hom vrede maak. 'n Bietjie, saam met geregtigheid, is beter as 'n groot inkomste verkry deur onreg. Die hart van 'n mens beplan sy pad, maar die HERE bepaal sy voetstappe. 'n Orakelspreuk is op die lippe van 'n koning; by 'n vonnis mag sy mond nie ontrou wees nie. 'n Skaal, 'n betroubare weegskaal, is van die HERE; al die gewigte in die sak is sy handewerk. Afstootlik vir konings is die pleeg van 'n goddelose daad, want deur geregtigheid staan 'n troon vas.
SPREUKE 16:6-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Deur goedertierenheid en waarheid word die ongeregtigheid gereinig, en deur die vrees van die HERE wyk mense af van die kwaad. Wanneer die weë van 'n mens die HERE behaag, laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hê. Beter is 'n bietjie met geregtigheid as groot inkomste sonder reg. 'n Man se hart beraam sy weg, maar die HERE rig sy voetstappe. 'n Goddelike vonnis is op die lippe van die koning: sy mond oortree nie in die oordeel nie. A Regverdige gewig en weegskaal behoort aan die HERE: al die gewigte van die sak is sy werk. Dit is 'n gruwel vir konings om goddeloosheid te pleeg, want die troon is gevestig deur geregtigheid.
SPREUKE 16:6-12 Die Boodskap (DB)
Respek vir mekaar laat ’n vriendskap blom. Liefde vir die Here hou ’n mens van die kwaad af weg. As die Here iemand liefhet, sal sy vyande dit raaksien. Hulle sal op goeie voet met hom wil wees. Liewer eerlik wees en min besit as ’n sak vol geld wat oneerlik verkry is. Elke mens beplan sy lewe, maar alles hang van die Here af. Eerlike regters is vir die Here belangrik. Hulle moet regverdige beslissings lewer. Winkeleienaars en kafeebase moenie mense uitbuit nie. Die Here haat ’n kullery. Leiers moet korrupsie met wortel en tak uitroei. Goeie leiers is altyd eerlik.
SPREUKE 16:6-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Liefde en lojaliteit bring versoening vir oortredings. Kwaad word vermy wanneer daar respek is vir die HERE. As die HERE gelukkig is met die manier waarop iemand lewe, sal Hy selfs sy vyande in vrede met hom laat lewe. Dis beter om arm te wees en regverdig, as om ryk en oneerlik te wees. ’n Mens beplan sy koers, maar die HERE bepaal sy bestemming. As die koning praat, is dit met Goddelike gesag. Sy uitsprake mag nooit onregverdig wees nie. Die HERE vereis eerlikheid en billikheid in die handel. Hy bepaal die maatstawwe daarvoor. Die koning verafsku misdade. Sy regering berus op regverdigheid.