Numeri 17:1-8

Numeri 17:1-8 ABA

Die Here het vir Moses gesê: “Praat met die Israeliete en vra vir elke stamhoof 'n kierie, jy moet een kierie van elke stamhoof kry, daar moet twaalf kieries wees. Jy moet elkeen se naam op sy kierie skryf en jy moet Aäron se naam op die Levi-familie se kierie skryf, want daar moet een kierie wees vir elke stamhoof. Dan moet jy die kieries neersit in die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn, jy moet dit sit voor die kis waarin die tien gebooie is en waar Ek aan julle verskyn, Ek sal 'n man kies om priester te wees, en sy kierie sal takkies en blare kry. So sal Ek die Israeliete laat ophou om altyd vir julle te beskuldig.” Moses het toe met die Israeliete gepraat, en elke leier het vir hom 'n kierie gegee. Daar was twaalf kieries, een kierie vir elke leier, en Aäron se kierie was ook daarby. Moses het die kieries voor die Here neergesit in die tent waarin die tien gebooie is. Toe Moses die volgende dag in die tent kom, was daar takkies en blare aan Aäron se kierie. Daar het blomme uitgekom, en die kierie het ryp amandels gedra.