Numeri 1:20-51

Numeri 1:20-51 ABA

Moses en Aäron en die twaalf leiers het die manne getel wat 20 jaar of ouer was, elkeen wat oorlog kon maak. Hulle het opgeskryf van wie se nageslag elke persoon is, aan watter familie hy behoort en by watter groep van die leër hy moet wees. Hier is die getalle van die manne van die nageslag van die stamvaders: Ruben, die oudste seun van Israel: 46 500 manne Simeon: 59 300 Gad: 45 650 Juda: 74 600 Issaskar: 54 400 Sebulon: 57 400 Efraim seun van Josef: 40 500 Manasse seun van Josef: 32 200 Benjamin: 35 400 Dan: 62 700 Aser: 41 500 Naftali: 53 400 Almal saam: 603 550 manne. Moses-hulle het nie die manne van die Levi-stam saam met die ander Israeliete getel nie. Die Here het vir Moses gesê: “Jy moenie die name van die Leviete in hierdie boek skryf nie, jy moet hulle nie saam met die ander Israeliete tel nie. Jy self moet vir die Leviete sê wat hulle moet doen. Hulle moet sorg vir die tempel-tent. Die kis waarin die tien gebooie is, is in die tempel-tent. Hulle moet ook sorg vir al die stukke wat by die tempel-tent moet wees. Hulle moet die tempel-tent dra en daarmee werk en hulle moet hulle tente rondom die tempel-tent opslaan. Wanneer hulle die tempel-tent na 'n ander plek moet neem, dan moet die Leviete dit afslaan, en wanneer die tempel-tent op 'n nuwe plek moet staan, dan moet die Leviete dit opslaan. Wanneer 'n ander persoon naby die tempel-tent kom, dan moet julle hom doodmaak.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Numeri 1:20-51

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid