NUMERI 1:46-51
NUMERI 1:20-51 Bybel vir almal (ABA)
Moses en Aäron en die twaalf leiers het die manne getel wat 20 jaar of ouer was, elkeen wat oorlog kon maak. Hulle het opgeskryf van wie se nageslag elke persoon is, aan watter familie hy behoort en by watter groep van die leër hy moet wees. Hier is die getalle van die manne van die nageslag van die stamvaders: Ruben, die oudste seun van Israel: 46 500 manne Simeon: 59 300 Gad: 45 650 Juda: 74 600 Issaskar: 54 400 Sebulon: 57 400 Efraim seun van Josef: 40 500 Manasse seun van Josef: 32 200 Benjamin: 35 400 Dan: 62 700 Aser: 41 500 Naftali: 53 400 Almal saam: 603 550 manne. Moses-hulle het nie die manne van die Levi-stam saam met die ander Israeliete getel nie. Die Here het vir Moses gesê: “Jy moenie die name van die Leviete in hierdie boek skryf nie, jy moet hulle nie saam met die ander Israeliete tel nie. Jy self moet vir die Leviete sê wat hulle moet doen. Hulle moet sorg vir die tempel-tent. Die kis waarin die tien gebooie is, is in die tempel-tent. Hulle moet ook sorg vir al die stukke wat by die tempel-tent moet wees. Hulle moet die tempel-tent dra en daarmee werk en hulle moet hulle tente rondom die tempel-tent opslaan. Wanneer hulle die tempel-tent na 'n ander plek moet neem, dan moet die Leviete dit afslaan, en wanneer die tempel-tent op 'n nuwe plek moet staan, dan moet die Leviete dit opslaan. Wanneer 'n ander persoon naby die tempel-tent kom, dan moet julle hom doodmaak.
NUMERI 1:46-51 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
al die geteldes dan was seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig. Maar die Leviete, volgens hulle voorvaderlike stam, is onder hulle nie getel nie. Die HERE het naamlik met Moses gespreek en gesê: Net die stam van Levi moet jy nie tel nie en hulle volle getal onder die kinders van Israel nie opneem nie; maar stel jy die Leviete aan oor die tabernakel van die Getuienis en oor al sy gereedskap en oor alles wat daarby behoort. Húlle moet die tabernakel dra en alles wat daarby behoort, en húlle moet dit bedien en rondom die tabernakel laer opslaan. En as die tabernakel wegtrek, moet die Leviete dit afbreek; en as die tabernakel rus, moet die Leviete dit oprig; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.
NUMERI 1:44-51 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit was dan die getal van die manne wat deur Moses, Aäron en die twaalf Israelitiese stamhoofde getel is. Altesaam was die getelde Israeliete 603 550. Dit was die weerbare manne van twintig jaar en ouer, getel volgens families. Die Leviete is nie as afsonderlike stam bygetel nie. Die Here het naamlik vir Moses gesê: “Die stam Levi moet jy nie tel nie en hulle getal moet jy nie by dié van die Israeliete voeg nie. Jy moet die Leviete aanstel om toesig te hou oor die tabernakel met die getuienis, oor al sy gereedskap en al sy toebehore. Hulle moet die tabernakel en sy gereedskap dra; net húlle moet daarmee werk; en hulle moet hulle tente rondom die tabernakel opslaan. As die tabernakel verskuif moet word, moet die Leviete dit uitmekaarhaal; en as dit opgeslaan moet word, moet hulle dit opslaan. 'n Onbevoegde persoon wat nader kom om te help, moet doodgemaak word.
NUMERI 1:46-51 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
hulle almal wat ingeskryf is, was 603 550. Die Leviete is volgens afstamming ingedeel. Hulle is nie saam met die ander ingeskryf nie, want die HERE het vir Moses gesê: “Net die stam van Levi moet jy nie saam met die Israeliete inskryf of tel nie. Jy moet self die Leviete aanstel oor die •tabernakel met die Getuienis, en oor al die gereedskap en toebehore daarvan. Hulle moet die tabernakel en al die gereedskap dra, en hulle moet daarna omsien. Hulle moet rondom die tabernakel kamp opslaan. Wanneer die tabernakel verskuif word, moet die Leviete dit afbreek, en wanneer die tabernakel weer opgeslaan word, moet die Leviete dit oprig. 'n Onbevoegde persoon wat naby kom, moet doodgemaak word.
NUMERI 1:46-51 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Al die geteldes was ses honderd duisend drie duisend vyf honderd en vyftig. Maar die Leviete volgens die stam van hulle vaders is nie onder hulle getel nie. Want die HERE het met Moses gespreek en gesê: Jy mag net die stam van Levi nie tel nie, en die getal daarvan onder die kinders van Israel nie opneem nie. Maar jy moet die Leviete aanstel oor die tabernakel van die Getuienis en oor al sy voorwerpe en oor alles wat daarby behoort; hulle moet die tabernakel en al sy gereedskap dra; en hulle moet dit bedien en laer opslaan rondom die tabernakel. En as die tabernakel wegtrek, moet die Leviete dit afbreek; en as die tabernakel opgeslaan word, moet die Leviete dit oprig; en die vreemdeling wat naby kom, moet gedood word.
NUMERI 1:20-51 Die Boodskap (DB)
Die weerbare manne se getalle volgens hulle stamme was: van Israel se oudste seun Ruben 46 500 van Simeon 59 300 van Gad 45 650 van Juda 74 600 van Issaskar 54 400 van Sebulon 57 400 van Josef se seuns: Efraim 40 500 Manasse 32 200 van Benjamin 35 400 van Dan 62 700 van Aser 41 500 van Naftali 53 400 Daar was altesaam 603 550 weerbare manne wat twintig jaar en ouer was. Hulle getalle is bereken volgens hulle families. Hierdie getalle het nie die Leviete ingesluit nie, want die Here het vir Moses gesê: “Moenie die Leviete bytel wanneer jy die Israeliete tel om te sien hoeveel soldate jy het nie. Jy moet hulle gebruik om toesig te hou oor die tabernakel, die spesiale tent wat die bewys van my teenwoordigheid by julle is. Hulle is ook verantwoordelik vir al die gereedskap en toebehore wat deel is van die tabernakel. Net hulle mag die tabernakel dra en met hierdie gereedskap werk. Daarom moet hulle hulle tente rondom die tabernakel opslaan waar julle ook al kamp. Wanneer die tabernakel verskuif moet word, is dit die Leviete se werk om dit op en af te slaan. Enigiemand anders wat dit naby die tent waag, moet onmiddellik doodgemaak word.
NUMERI 1:46-51 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle was altesaam 603 550. Die Leviete was nie hierby ingesluit nie. Die HERE het vir Moses gesê: “Jy moenie die stam van Levi insluit by die res van Israel wanneer jy hulle tel nie. Jy moet die Leviete oor die tabernakel van die verbond aanstel. Plaas hulle in beheer van al sy meubels en toebehore. Hulle moet dit vervoer wanneer julle trek. Hulle moet ook vir sy toebehore sorg. Hulle moet die tabernakel versorg en daar rondom hulle tente opslaan. Wanneer julle verder trek, moet die Leviete dit elke keer afbreek en weer opslaan. “As enigiemand anders daar naby kom, sal hy doodgemaak word.