Numeri 1:46-51

Numeri 1:46-51 AFR20

hulle almal wat ingeskryf is, was 603 550. Die Leviete is volgens afstamming ingedeel. Hulle is nie saam met die ander ingeskryf nie, want die HERE het vir Moses gesê: “Net die stam van Levi moet jy nie saam met die Israeliete inskryf of tel nie. Jy moet self die Leviete aanstel oor die •tabernakel met die Getuienis, en oor al die gereedskap en toebehore daarvan. Hulle moet die tabernakel en al die gereedskap dra, en hulle moet daarna omsien. Hulle moet rondom die tabernakel kamp opslaan. Wanneer die tabernakel verskuif word, moet die Leviete dit afbreek, en wanneer die tabernakel weer opgeslaan word, moet die Leviete dit oprig. 'n Onbevoegde persoon wat naby kom, moet doodgemaak word.

Video for Numeri 1:46-51

Gratis leesplanne en oordenkings oor Numeri 1:46-51