Die soldate het Jesus gevat na 'n plek voor die Romeinse goewerneur se huis. Hulle het al die ander soldate geroep om saam te gaan. Hulle het pers klere om Jesus gehang. Hulle het 'n kroon van doringtakke gevleg en hulle het dit op sy kop gesit. Die soldate het met Hom begin praat soos met 'n koning. Hulle het gesê: “Ons groet jou, Koning van die Jode!” Hulle het aangehou om Jesus met 'n dik riet op sy kop te slaan. Hulle het op Hom gespoeg en voor Hom gekniel soos hulle voor 'n koning kniel. Nadat hulle Jesus klaar gespot het, het hulle die pers klere uitgetrek en hulle het Jesus se eie klere vir Hom aangetrek.
Lees Markus 15
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Markus 15:16-20
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's