Die Fariseërs het gehoor Jesus het die Sadduseërs so goed geantwoord dat die Sadduseërs nie geweet het wat om nog te vra nie. Die Fariseërs het toe bymekaargekom. Een van hulle wat die Joodse wette goed geken het, wou hê Jesus moet iets sê wat vir Hom probleme sal gee. Hy het vir Jesus gevra: “Wat is die belangrikste wet van die Here?” Jesus het vir hom gesê: “ ‘ Jy moet vir jou God die Here lief wees met jou hele hart en met jou hele lewe en met jou hele verstand.’ Dit is die eerste en belangrikste wet. Die tweede wet is net so belangrik. Dit is: ‘ Jy moet lief wees vir jou naaste soos jy lief is vir jouself.’ “Hierdie twee wette sê alles wat die Wette van Moses en die boeke van die profete vir ons leer.” Toe die Fariseërs daar bymekaar was, het Jesus vir hulle gevra: “Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?” Hulle het gesê: “Hy is die Seun van Dawid.” Jesus sê toe vir hulle: “Hoekom het die Heilige Gees vir Dawid gesê hy moet die Christus ‘Here’ noem? “Dawid het gesê: “ Die Here het vir my Here, die Koning, gesê: Sit hier langs My, op die belangrikste plek. Ek sal jou vyande voor jou laat buig, en jy sal jou voete op hulle sit. “Dawid self noem die Christus ‘Here.’ Hoe kan die Christus dan Dawid se seun wees?” Niemand kon vir Jesus antwoord nie. Van daardie dag af wou niemand weer vir Jesus iets vra nie.
Lees Matteus 22
Deel
Vergelyk alle weergawes: Matteus 22:34-46
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's