Lukas 14:11-14

Lukas 14:11-14 ABA

God sal elkeen verneder wat dink hy is belangrik, en Hy sal elkeen wat nederig is, belangrik maak.” Jesus het ook vir die man wat Hom uitgenooi het, gesê: “Wanneer jy mense uitnooi na 'n middag-ete of 'n aand-ete, dan moet jy nie jou vriende uitnooi nie, ook nie jou broers of jou familie of ryk bure nie, want hulle sal jou miskien ook weer uitnooi om by hulle te kom eet, en so betaal hulle jou terug. Maar wanneer jy mense na 'n ete uitnooi, dan moet jy die arm mense uitnooi, en die kreupeles, die verlamdes en die blindes. Dan sal die Here jou seën, want hierdie mense het niks, hulle kan jou nie terugbetaal nie. Maar die Hére sal jou eendag terugbetaal wanneer al die mense wat reg gedoen het, weer begin lewe.”