Die Here doen altyd wat Hy belowe het, Hy is altyd jammer vir mense wat swaarkry. Here, U doen dit elke nuwe oggend, U bly altyd dieselfde. Ek sê: Die Here is alles wat ek het, daarom sal ek aanhou hoop. Die Here is goed vir mense wat glo dat Hy hulle sal help, vir mense wat naby Hom wil wees. Dit is goed om stil te bly en te glo dat die Here jou sal red. Dit is goed wanneer iemand 'n juk moes dra toe hy jonk was, wanneer hy alleen moes sit en moes stilbly omdat die Here die juk op hom gesit het. Dit is goed wanneer iemand met sy gesig op die grond moet lê. Miskien kan hy hoop dat iets goed sal gebeur. Dit is goed wanneer iemand sy wang draai na die persoon toe wat hom wil klap, dit is goed wanneer hy aanhou toelaat dat mense hom spot. Want die Here los mense nie vir altyd nie. Hy laat mense swaarkry, maar Hy word weer jammer vir hulle, Hy doen altyd wat Hy belowe het. Ja, die Here doen dit nie graag met mense nie, Hy laat hulle nie graag swaarkry nie.
Lees Klaagliedere 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Klaagliedere 3:22-33
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's