Josua 9:1-6

Josua 9:1-6 ABA

Al die konings wes van die Jordaan-rivier het gehoor wat gebeur het. Die konings het gewoon in die berge en in die Laeveld en langs die Groot See tot teen die Libanon-berg. Hulle was die konings van die Hetiete, die Amoriete, die Kanaäniete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete. Die konings het bymekaargekom om saam oorlog te maak teen Josua en die Israeliete. Die mense wat in die stad Gibeon gewoon het, het gehoor wat Josua gedoen het met die stede Jerigo en Ai. Hulle maak toe self 'n slim plan. Hulle het besluit om te maak of hulle boodskappers is. Hulle het ou saalkleedjies geneem vir hulle donkies, en ou wynsakke wat geskeur het en wat hulle toegebind het. Hulle het ou sandale aangetrek wat hulle reggemaak het, en hulle het ou klere gedra. Hulle padkos was droë krummels. Hulle het na Josua toe gegaan in die kamp by Gilgal en hulle het vir hom en die leiers van die Israeliete gesê: “Ons kom van 'n ver land, en nou moet julle 'n ooreenkoms maak met ons.”