Die manne het die stad en alles wat daarin was, verbrand. Hulle het net die silwer en die goud en die goed van brons en yster in die stoorkamer van die tempel gesit. Josua het vir Ragab en haar familie, al haar mense, laat aanhou lewe. Sy het tussen die Israeliete gewoon, en haar nageslag woon nou nog hier, want sy het die boodskappers weggesteek wat Josua gestuur het om te kyk hoe die land is. In daardie tyd het Josua met die mense gepraat en hy het gesê die Here is die getuie. Josua het gesê: “Ek vervloek die man wat probeer om hierdie stad Jerigo weer te bou. Sy oudste seun sal sterf wanneer hy die fondamente van die stad bou, en sy jongste seun sal sterf wanneer hy die poorte se deure insit.” Die Here was by Josua, en al die mense in die land het geweet van hom.
Lees Josua 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Josua 6:24-27
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's