Die Israeliete het uit die Jordaan-rivier gekom op die tiende dag van die eerste maand, en hulle het hulle tente opgeslaan by die plek Gilgal oos van die stad Jerigo. Josua het daardie twaalf klippe wat hulle uit die Jordaan-rivier geneem het, regop gesit by Gilgal, en hy het vir die Israeliete gesê: “Wanneer julle kinders eendag vir hulle pa's vra wat daardie klippe beteken, dan moet julle vir die kinders vertel: ‘Israel het op droë grond oor hierdie Jordaan-rivier gegaan.’ Die Here het die water van die Jordaan-rivier laat ophou vloei, sodat julle kon oorgaan. Julle God die Here het dit ook gedoen by die Riet-see. Hy het die see laat ophou vloei sodat ons kon deurgaan. Die Here het dit gedoen sodat al die volke van die aarde moet weet dat die Here sterk is en sodat julle self julle God die Here altyd sal respekteer en dien.”
Lees Josua 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Josua 4:19-24
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's