Toe die Israeliete dit hoor, het die hele volksvergadering in Silo bymekaargekom om oorlog te gaan maak teen die twee en 'n halwe stamme. Maar die Israeliete het eers vir Pinehas seun van die priester Eleasar gestuur na die twee en 'n halwe stamme in die land Gilead. Tien leiers het saam met hom gegaan, 'n leier van elke stam. Elke leier was die hoof van 'n groep families van Israel. Toe hulle by die twee en 'n halwe stamme in die land Gilead kom, het hulle vir daardie stamme gesê: “Die volksvergadering van die Here vra: Hoekom is julle ontrou aan die God van Israel? Julle het opgehou om die Here te dien toe julle vir julle 'n altaar gebou het. Julle is nou opstandig teen die Here. Ons het voorheen by die stad Peor groot sonde gedoen en die Here het die volk swaar gestraf, maar tot nou toe het ons nog nie weer rein geword nie. As julle vandag ophou om die Here te dien en as julle opstandig is teen Hom, dan sal Hy môre kwaad wees vir ál die Israeliete. As die land wat aan julle behoort, onrein is, dan moet julle kom na die land wat aan die Here self behoort, die land waar sy tempel-tent is, en julle moet vir julle grond vat tussen ons. Maar julle moenie opstandig wees teen die Here en teen ons nie. Julle moenie vir julle 'n eie altaar bou wat nie die altaar van ons God die Here is nie.
Lees Josua 22
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Josua 22:12-19
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's