Josua 21:1-3

Josua 21:1-3 ABA

Die familiehoofde van die Leviete het gekom na die priester Eleasar, na Josua seun van Nun en na die familiehoofde van die Israelitiese stamme toe. Die familiehoofde het met hulle gepraat in die stad Silo, in die land Kanaän. Hulle het gesê: “Die Here self het vir Moses gestuur om te sê dat ons stede moet kry waar ons kan woon, en ook weiveld vir ons diere.” Die Israeliete het toe gedoen soos die Here gesê het. Hulle het vir die Leviete stede gegee, stede saam met weivelde.