Josua 21

21
Die Leviete se stede
1Die familiehoofde van die Leviete het gekom na die priester Eleasar, na Josua seun van Nun en na die familiehoofde van die Israelitiese stamme toe. 2Die familiehoofde het met hulle gepraat in die stad Silo, in die land Kanaän. Hulle het gesê: “Die Here self het vir Moses gestuur om te sê dat ons stede moet kry waar ons kan woon, en ook weiveld vir ons diere.”
3Die Israeliete het toe gedoen soos die Here gesê het. Hulle het vir die Leviete stede gegee, stede saam met weivelde. 4Hulle het lootjies getrek, en die Kehat-familie het hulle grond gekry. Hulle het vir die priesters van die nageslag van die priester Aäron 13 stede gegee in die lande van die stamme Juda, Simeon en Benjamin. 5Hulle het vir die ander Leviete van die Kehat-familie tien stede gegee in die lande van die stamme Efraim, Dan en die halwe Manasse-stam. 6Hulle het vir die Gerson-familie 13 stede gegee in die lande van die stamme Issaskar, Aser, Naftali en die halwe Manasse-stam wat in Basan woon. 7Hulle het vir die Merari-familie 12 stede gegee in die lande van die stamme Ruben, Gad en Sebulon. 8Die Israeliete het lootjies getrek om die stede saam met hulle weivelde vir die Leviete te gee. Die Here het vir Moses gestuur om dit te sê. 9Hier is die name van die stede wat hulle vir die Leviete gegee het in die lande van die stamme Juda en Simeon. 10Hulle het eers lootjies getrek, en die Leviete van die nageslag van Aäron wat aan die Kehat-familie behoort het, 11het hulle grond gekry. Hulle het vir hierdie Leviete gegee die stad Kirjat-Arba in die Juda-berge, die stad en sy weivelde. Kirjat-Arba se ander naam was Hebron. Arba was die voorvader van die Enak-mense. 12Maar Kaleb seun van Jefunne het die koringlande en die klein dorpies naby die stad gekry. 13Die nageslag van die priester Aäron het hierdie stede gekry: die asielstad Hebron, en Libna, 14Jattir, Estemoa, 15Golon, Debir, 16Ajin, Jutta en Bet-Semes, elke stad met sy weiveld. Dit was die nege stede van hierdie twee stamme. 17Hulle het van die Benjamin-stam ook hierdie stede gekry: Gibeon, Geba, 18Anatot en Almon. Dit was vier stede, elke stad met sy weiveld. 19Die priesters van die nageslag van Aäron het 13 stede gekry, elke stad met sy weiveld. 20Die Israeliete het lootjies getrek, en die ander Leviete in die Kehat-familie het hulle grond gekry. Hulle het van die Efraim-stam hierdie stede gekry: 21die asielstad Sigem in die Efraim-berge, en die stede Geser, 22Kibsajim en Bet-Goron, saam met die weivelde by die stede. Dit was vier stede. 23Hulle het van die Dan-stam ook hierdie stede gekry: die stede Elteke, Gibbeton, 24Ajalon en Gat-Rimmon, saam met die weivelde by die stede. Dit was vier stede. 25Hulle het van die halwe Manasse-stam hierdie stede gekry: Taänak en Gat-Rimmon, saam met die weivelde by die stede. Dit was twee stede. 26Die ander Leviete in die Kehat-familie het tien stede gekry, saam met die weivelde by die stede.
27Die Leviete in die Gerson-familie het van die halwe Manasse-stam in die land Basan die asielstad Golan en die stad Astarot gekry, saam met die weivelde by die stede. Dit was twee stede. 28Hulle het van die Issaskar-stam hierdie stede gekry: Kisjon, Daberat, 29Jarmut en En-Gannim saam met die weivelde by die stede. Dit was vier stede. 30Hulle het van die Aser-stam hierdie stede gekry: Misal, Abdon, 31Gelkat en Regob, saam met die weivelde by die stede. Dit was vier stede. 32Van die Naftali-stam het hulle hierdie stede gekry: die asielstad Kedes in Galilea en die stede Gammot-Dor en Kartan, saam met die weivelde by die stede. Dit was drie stede. 33Die Gerson-families het 13 stede gekry. 34Die ander Leviete, die Merari-familie, het van die Sebulon-stam hierdie stede gekry: Jokneam, Kartan, 35Dimna en Nahalal saam met die weivelde by die stede. Dit was vier stede. 36Hulle het van die Ruben-stam hierdie stede gekry: Beser, Jahas, 37Kedemot en Mefaät, saam met die weivelde by die stede. Dit was vier stede. 38Hulle het van die Gad-stam hierdie stede gekry: die asielstad Ramot in die land Gilead, en die stede Maganajim, 39Gesbon en Jaser, saam met die weivelde by die stede. Dit was vier stede. 40Die ander Leviete, die Merari-familie, het tien stede gekry. 41Die Leviete het almal saam 48 stede van die Israeliete gekry, saam met die weivelde by die stede. 42Daar was weiveld by elke stad.
43Die Here het vir die Israeliete die land gegee wat Hy vir hulle voorvaders belowe het. Die Israeliete het die land gevat en hulle het daar gaan woon. 44Die Here het die Israeliete laat wen teen al die vyande rondom hulle, Hy het dit vir hulle voorvaders belowe. Nie een van hulle vyande kon hulle oorwin en bly staan nie. Die Here het die Israeliete laat wen teen al hulle vyande. 45Alles wat die Here vir die Israeliete belowe het, het gebeur.

Tans Gekies:

Josua 21: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid