God het nog met Job gepraat en vir hom gesê: “Job, weet jy wanneer die klein klipspringers gebore word? Staan jy en kyk waar die takbokke lammers kry? Weet jy hoe lank 'n ooi die kleintjie dra en wanneer sy die lammetjie moet kry? Weet jy wanneer sy gaan lê om die kleintjie te kry? Die kleintjies word gou groot in die veld, hulle gaan weg en kom nie terug nie. Wie het gesê die wildedonkie mag vry wees, wie het hom gelos sodat hy kan loop waar hy wil? Ek laat hom woon in die droë plekke, die sout-veld is sy woonplek. Die wildedonkie spot omdat dit so raas in die stad, hy hoor nie dat iemand vir hom skree en hom jaag nie. Hy soek sy kos in die berge, hy kyk waar al die groen plantjies is.” “Sal die oer-os vir jou wil werk? Sal hy by jou krip kom slaap? Kan jy hom vang met 'n tou sodat hy jou ploeg kan trek? Kan jy hom lei sodat hy jou land sal omploeg? Kan jy sy groot krag gebruik sodat hy jou swaar werk kan doen? Dink jy hy sal ook nog jou koring na die dorsvloer bring?”
Lees Job 39
Deel
Vergelyk alle weergawes: Job 39:4-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's