Hoekom beskuldig jy vir God? Hoekom sê jy dat Hy nie wil antwoord nie? Want God praat weer en weer, maar mense luister nie. God praat in die nag, wanneer mense vas slaap, Hy wys vir hulle dinge wanneer hulle droom. Hy sê duidelik vir hulle wat Hy wil hê, Hy waarsku hulle, en hulle word bang. Hy wil hê hulle moet ophou om verkeerd te doen, hulle moet ophou om hoogmoedig te wees. God wil keer sodat 'n mens nie sterf nie, Hy wil die mens red van die graf. Hy straf 'n mens, Hy laat hom siek word, die pyn hou nooit op nie. Kos maak daardie mens naar, ook die lekkerste kos. Hy word so maer dat hy net vel en bene is. Hy is naby die dood, hy is amper in die graf. Maar daar kom miskien 'n engel by hom, een van die baie engele wat daar is. Die engel wil vir hom bid en vir hom sê wat hy moet doen. Die engel is jammer vir hom en die engel bid en sê: ‘Moenie dat hy sterf nie, ek sal hom loskoop.’ Dan sal daardie mens weer jonk word, sy liggaam sal nuwe krag kry. Hy sal tot God bid, en God sal doen wat hy vra. Hy sal vir God dien en bly wees, God sal hom beloon omdat hy gedoen het wat reg is. Dan sal hy vir mense sê: ‘Ek het sonde gedoen, ek het nie gedoen wat reg is nie, en God het my nie gestraf nie. Hy het my gered, ek het nie gesterf nie, ek geniet nog die lewe.’ Luister na my: God doen dit alles met 'n mens, Hy doen dit weer en weer.
Lees Job 33
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Job 33:13-29
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's