Johannes 6:8-13

Johannes 6:8-13 ABA

Simon Petrus se broer, Andreas, was een van Jesus se dissipels. Hy het vir Jesus gesê: “Hier is 'n seuntjie wat vyf garsbrode en twee visse het, maar dit is te min vir so baie mense.” Jesus het vir die dissipels gesê: “Julle moet vir die mense sê hulle moet gaan sit.” Daar was genoeg gras waarop die mense kon sit. Daar was baie mense. Die mans was omtrent 5 000. Toe het Jesus die brood geneem. Hy het gebid en vir God dankie gesê vir die brood. Jesus het die brood gegee vir die mense wat daar sit. Hy het ook vir hulle van die vis gegee. Daar was baie kos, die mense kon genoeg eet. Toe die mense genoeg geëet het, sê Jesus vir sy dissipels: “Julle moet al die stukkies kos optel wat oorgebly het. Ons moet dit nie mors nie.” Die dissipels het die stukkies bymekaargemaak. Daar het twaalf mandjies vol oorgebly nadat die mense van die vyf garsbrode geëet het.