Daarna het Jesus en sy dissipels na die provinsie Judea gegaan. Hy het 'n kort tydjie daar saam met sy dissipels gebly en Hy het mense gedoop. Johannes was ook besig om mense te doop by Enon naby die stad Salim, want daar was baie water. Die mense het daarnatoe gekom, en hy het hulle gedoop. Johannes was toe nog nie in die tronk nie. 'n Paar van Johannes se dissipels het met 'n Jood begin stry oor hoe 'n mens rein kan word. Hulle het na Johannes toe gegaan en hulle het vir hom gesê: “ Rabbi, daar was 'n Man by jou anderkant die Jordaan-rivier. Jy het vir die mense vertel van Hom. Daardie Man doop nou mense, en almal gaan na Hom toe.” Toe sê Johannes: “Dit is God wat so besluit het. Julle het gehoor ek het voorheen gesê ek is nie die Christus nie. God het my vóór die Christus gestuur. Onthou, die bruidegom is die een wat die bruid kry. Die bruidegom se vriend wat staan en wag, is baie bly wanneer hy hoor die bruidegom kom. Daarom is ek nou so bly. Daardie Man moet meer en meer belangrik word, maar ek moet minder belangrik word.”
Lees Johannes 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 3:22-30
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's