Daar was 'n Fariseër, Nikodemus. Hy was 'n leier van die Jode. Hy het in die nag na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “ Rabbi, ons weet God het U gestuur om vir die mense te leer hoe om Hom te dien. Die wondertekens wat U doen, kan 'n mens net doen as God hom help.” Jesus het hom geantwoord: “Ek sê vir jou, en dit is seker: 'n Mens moet eers weer gebore word, dan sal hy weet God is sy Koning.” Nikodemus sê toe vir Hom: “Maar hoe kan 'n mens gebore word as hy klaar groot is? 'n Mens kan nie 'n tweede maal in sy ma ingaan en weer gebore word nie.” Jesus het vir hom gesê: “Ek sê vir jou, en dit is seker: Iemand moet eers uit water en uit Gees gebore word, dan sal hy weet God is sy Koning. Wanneer iemand gebore word uit 'n mens, dan is hy 'n mens. Maar wanneer iemand gebore word uit die Heilige Gees, dan is hy 'n mens wat 'n gees het wat waarlik lewe. Moenie verbaas wees dat Ek vir jou sê julle moet weer gebore word nie. Die wind waai waar hy wil. Jy kan die wind hoor, maar jy weet nie van waar dit kom en waarnatoe dit gaan nie. So is dit ook wanneer iemand uit die Gees gebore word.” Nikodemus het vir Jesus gevra: “Hoe gebeur dit?” Jesus het gesê: “Jy is iemand wat vir die mense van Israel leer om God te dien. Hoekom verstaan jy dit nie? Ek sê vir jou, en dit is seker: Ek en die mense wat aan My behoort, praat van dinge waarvan ons weet. Ons vertel van dinge wat ons self gesien het, maar julle glo niks wat ons vertel nie. Ek het met jou gepraat oor iets wat op die aarde gebeur, en jy het dit nie geglo nie. Sal julle dan glo wanneer Ek vir julle vertel van die dinge wat in die hemel gebeur? Nee, julle sal dit ook nie glo nie.
Lees Johannes 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 3:1-12
5 Dae
Soos jy daagliks God se Woord lees, dit oordink en in jou lewe toepas, sal jy beter toegerus wees om die vyand se kunsmatige ligte te onderskei, op God se verligte pad te bly en helder te skyn vir Christus in jou huis en in jou gemeenskap.
7 Days
How can we live more Christ-centred lives? This 7-day plan, based on Rooted in Love, a Lent book from all the area bishops in the Diocese of London, is full of practical encouragement and hope designed to help you to grow as a disciple and find ways to put God at the centre of your life every day.
7 dae
Vanaf die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag tot Jesus se wederkoms leef ons in die bedeling van die Heilige Gees waar God elke oomblik in en deur ons wil lewe. Het jy ‘n lewende verhouding met die Heilige Gees, ervaar jy sy werking, leiding, gawes en vrug? Hierdie leesplan wil jou help om die wonderlike, kragtige beheer van die Heilige Gees meer in jou lewe te ervaar.
21 Days
Oftentimes we struggle to share the gospel with our friends. Either we are overcome with fear or don't know what to share. We all need a burden to reach our lost friends for Christ. This is a 21-day Bible reading plan that helps us meditate specifically on passages related to evangelism and is accompanied by a short prayer for each day for our friends.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's