Jeremia 17:5-8

Jeremia 17:5-8 ABA

Die Here sê: “Ek vervloek die man wat weggaan van My, die man wat dink dat 'n mens wat kan sterf, hom kan help en hom sterk kan maak. So iemand sal word soos 'n bossie in 'n plek waar dit nie reën nie, 'n bossie wat altyd in die warm son staan en in 'n klip-woestyn groei, in sout-grond waar niks lewe nie.” Die Here sal die man seën wat glo dat die Here hom sal help en hom sal beskerm. So iemand sal wees soos 'n boom wat naby die water staan. Sy wortels kom tot by die waterstroom, en hy voel nie wanneer dit warm word nie. Sy blare is altyd groen, en wanneer dit nie reën nie, dan is hy nie bekommerd nie, hy hou aan om vrugte te dra.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Jeremia 17:5-8