Jeremia 10:1-10

Jeremia 10:1-10 ABA

Mense van Israel, julle moet hoor wat sê die Here vir julle. Hy sê: “Julle moenie doen soos die heidene nie. Julle moenie bang wees vir tekens in die lug nie, want die heidene is bang daarvoor. Die dinge wat die heidene doen, is soos wind. Iemand kap 'n stuk hout af in die bos en 'n ambagsman kap dit reg met 'n byl. Hy trek dit oor met silwer en goud en hy slaan dit vas met spykers sodat dit nie omval nie. Die beeld staan daar soos 'n pilaar wat iemand oorgetrek het met goud. Dit praat nie, en iemand moet dit dra, want dit kan nie loop nie. Julle moenie bang wees vir beelde nie, want hulle kan niks doen nie, nie goed nie en nie sleg nie.” Here, niemand is soos U nie, U is groot, almal weet U is sterk. U is Koning oor die volke, en almal moet U eer, want by al die wyse mense en al die konings van die volke is daar niemand soos U nie. Die heidene is dom en dwaas, want hulle gode kan vir hulle niks leer nie, dit is stukke hout wat niks beteken nie. Hulle bring silwer uit die land Tarsis, hulle trek die beelde oor met silwer en goud en hulle trek vir die beelde klere aan van pers en rooi wol. Ambagsmanne doen al hierdie werk. Maar die Here is die ware God wat lewe, Hy is Koning vir altyd, en al die mense op die aarde bewe wanneer Hy kwaad is.