Jakobus 4:8-9

Jakobus 4:8-9 ABA

Julle moet nader kom na God toe, dan sal Hy nader kom na julle toe. Julle is mense wat sonde doen, julle moet ophou om verkeerde dinge te doen. Julle is vals en julle doen nie wat julle sê nie, julle moet ophou om verkeerde dinge te dink. Julle moet besef dat dit baie sleg gaan met julle, julle moet huil en treur. Julle is nou vrolik, maar julle moet hartseer word. Julle is nou bly, maar julle moet ophou om bly te wees, en julle moet weet dat julle nie goed genoeg is nie.