“Jerusalem, Ek het wagte op jou mure gesit, en hulle moet nooit stilbly nie, elke dag en nag.” Julle wat sê die Here is julle God, julle moenie stilbly nie, julle moet aanhou om vir die Here te vra totdat Hy Jerusalem sterk gemaak het, die stad oor wie almal op die aarde sing. Die Here het sy regter-hand opgelig, sy sterk arm, en Hy het belowe Hy sal nie weer Jerusalem se koring vir die vyande gee nie, die vyande sal dit nie eet nie. Mense van ander lande sal nie meer julle wyn drink nie, die mense van Jerusalem het hard gewerk om daardie wyn te maak. Die mense wat die koring afsny, sal die brood eet en die Here prys. Die mense wat die druiwe pluk en die wyn maak, sal dit drink by die gewyde tempel van die Here. Julle moet kom, julle moet deur die poorte kom, julle moet 'n pad maak vir die volk. Julle moet die pad bou en die klippe uit die pad gooi, julle moet 'n vlag opsteek sodat die volke dit kan sien. Die Here praat nou met al die mense op die aarde. Hy sê hulle moet vir Sion sê: “Kyk, jou Redder kom, en Hy bring sy volk saam met Hom, hulle is die mense wat aan Hom behoort.” Die volk se naam sal wees: “ Gewyde Volk,” die Here het hierdie volk vrygemaak, en Jerusalem se naam sal wees: “Stad waarvan mense hou,” dit is die stad waar mense wil woon.
Lees Jesaja 62
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Jesaja 62:6-12
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's