JESAJA 62:6-12
JESAJA 62:6-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het wagte op jou mure uitgesit, Jerusalem, hulle sal dag en nag roep. Julle wat die Here aan sy beloftes moet herinner, julle moenie stilbly nie. Julle moenie stilbly nie totdat Hy Jerusalem herstel het, totdat Hy die hele wêreld die roem van Jerusalem laat sing het. Die Here het 'n eed afgelê, en deur sy groot mag sal Hy dit gestand doen: Ek sal jou koring nie weer aan jou vyande gee om te eet nie, uitlanders sal nie weer die wyn drink waarvoor jy hard gewerk het nie. Dié wat die koring oes, sal dit eet en hulle sal My loof; dié wat die druiwe oes, sal die wyn drink in die voorhof van my heiligdom. Gaan uit, gaan uit by die poorte, maak die pad gereed vir die volk! Vul die grootpad op, vul dit op! Vat weg die klippe! Steek 'n banier op dat die volke dit kan sien! Die Here kondig dwarsoor die wêreld aan: “Sê vir Sion: Hy wat jou red, kom! Sy volk wat Hy Syne gemaak het, is by Hom, dié wat aan Hom behoort, loop voor Hom uit.” Hulle sal genoem word: “Gewyde volk, volk wat deur die Here verlos is.” En jy, Jerusalem, sal genoem word: “Gewilde stad, stad wat nie verlate lê nie.”
JESAJA 62:6-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op jou stadsmure, Jerusalem, het ek wagte uitgesit. Dwarsdeur die dag en nag sal hulle nie 'n oomblik lank swyg nie. Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes, gun julleself geen rus nie! Gun Hom ook geen rus nie, totdat Hy haar gevestig het, totdat Hy Jerusalem 'n loflied op aarde gemaak het! Die HERE het 'n eed afgelê by sy regterhand, by sy kragtige voorarm: “Ek sal nie meer jou koring as voedsel aan jou vyande gee nie, en vreemdes sal nie meer jou •nuwe wyn drink waarvoor jy jou vermoei het nie. Maar wie insamel, sal eet, en hulle sal die HERE loof. Wie druiwe oes, sal die nuwe wyn drink in my heilige voorhowe.” Gaan deur, gaan deur die poorte, maak die pad vir die volk gereed. Vul op, vul die grootpad op! Vul dit op! Verwyder die klippe! Hou 'n banier omhoog vir die volke. Kyk, die HERE laat dit hoor tot by die einde van die aarde: “Sê vir die dogter van Sion, ‘Kyk, jou verlossing kom! Kyk, sy vergoeding is by Hom, sy beloning is voor Hom. ’ ” Hulle sal genoem word Heilige Volk, Losgekooptes van die HERE.” En jy, Jerusalem, sal genoem word Gesogte, Stad wat nie Verlate is nie.”
JESAJA 62:6-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het wagte op jou mure gesit, Jerusalem. Hulle sal dag en nag bid. Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes, moenie rus nie. Moenie die HERE met rus laat nie, totdat Hy Jerusalem herstel het, en die hele wêreld die stad se lof besing. Die HERE het vir Jerusalem gesweer by sy eie mag: “Ek sal nooit weer jou koring as kos vir jou vyande gee nie. Nooit weer sal vreemde soldate die wyn drink waarvoor jy hard gewerk het nie. Dié wat die koring oes, sal dit ook eet en die HERE loof. Dié wat druiwe pluk, sal self die wyn drink in die voorhof van my heiligdom.” Gaan uit, gaan uit deur die poorte, maak die grootpad gereed vir my volk wat terugkom! Maak die pad reg! Bou dit op! Bou die grootpad! Rol weg die klippe! Steek ’n vaandel in die lug sodat al die volke dit kan sien! Die HERE maak ’n aankondiging oor die hele aarde: “Sê vir Sion: Jou Redder kom! Kyk, sy beloning is by Hom.” Hulle sal genoem word: “Die heilige volk, die volk wat deur die HERE gered is.” Jerusalem, jy sal genoem word: “Die begeerlike stad, die stad wat nie meer verlate is nie.”
JESAJA 62:6-12 Bybel vir almal (ABA)
“Jerusalem, Ek het wagte op jou mure gesit, en hulle moet nooit stilbly nie, elke dag en nag.” Julle wat sê die Here is julle God, julle moenie stilbly nie, julle moet aanhou om vir die Here te vra totdat Hy Jerusalem sterk gemaak het, die stad oor wie almal op die aarde sing. Die Here het sy regter-hand opgelig, sy sterk arm, en Hy het belowe Hy sal nie weer Jerusalem se koring vir die vyande gee nie, die vyande sal dit nie eet nie. Mense van ander lande sal nie meer julle wyn drink nie, die mense van Jerusalem het hard gewerk om daardie wyn te maak. Die mense wat die koring afsny, sal die brood eet en die Here prys. Die mense wat die druiwe pluk en die wyn maak, sal dit drink by die gewyde tempel van die Here. Julle moet kom, julle moet deur die poorte kom, julle moet 'n pad maak vir die volk. Julle moet die pad bou en die klippe uit die pad gooi, julle moet 'n vlag opsteek sodat die volke dit kan sien. Die Here praat nou met al die mense op die aarde. Hy sê hulle moet vir Sion sê: “Kyk, jou Redder kom, en Hy bring sy volk saam met Hom, hulle is die mense wat aan Hom behoort.” Die volk se naam sal wees: “ Gewyde Volk,” die Here het hierdie volk vrygemaak, en Jerusalem se naam sal wees: “Stad waarvan mense hou,” dit is die stad waar mense wil woon.
JESAJA 62:6-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
O Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie. O Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes — moenie rus nie en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot 'n lof op aarde! Die HERE het gesweer by sy regterhand en by sy magtige arm: Waarlik, Ek sal jou koring nie meer gee dat jou vyande dit eet nie, en uitlanders sal jou mos nie drink waarvoor jy gewerk het nie. Maar hulle wat dit insamel, sal dit eet en die HERE prys; en hulle wat dit oes, sal dit drink in my heilige voorhowe. Gaan in, gaan in deur die poorte, berei die weg van die volk! Vul op, vul op die grootpad, gooi die klippe weg, steek 'n banier op oor die volke! Kyk, die HERE laat dit hoor tot by die einde van die aarde: Sê aan die dogter van Sion: Kyk, jou heil kom; kyk, sy loon is by Hom en sy beloning is voor sy aangesig. En hulle sal genoem word: die heilige volk, die verlostes van die HERE; en jy sal genoem word: die begeerde, die stad wat nie verlaat is nie.
JESAJA 62:6-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het wagte op jou mure uitgesit, Jerusalem, hulle sal dag en nag roep. Julle wat die Here aan sy beloftes moet herinner, julle moenie stilbly nie. Julle moenie stilbly nie totdat Hy Jerusalem herstel het, totdat Hy die hele wêreld die roem van Jerusalem laat sing het. Die Here het 'n eed afgelê, en deur sy groot mag sal Hy dit gestand doen: Ek sal jou koring nie weer aan jou vyande gee om te eet nie, uitlanders sal nie weer die wyn drink waarvoor jy hard gewerk het nie. Dié wat die koring oes, sal dit eet en hulle sal My loof; dié wat die druiwe oes, sal die wyn drink in die voorhof van my heiligdom. Gaan uit, gaan uit by die poorte, maak die pad gereed vir die volk! Vul die grootpad op, vul dit op! Vat weg die klippe! Steek 'n banier op dat die volke dit kan sien! Die Here kondig dwarsoor die wêreld aan: “Sê vir Sion: Hy wat jou red, kom! Sy volk wat Hy Syne gemaak het, is by Hom, dié wat aan Hom behoort, loop voor Hom uit.” Hulle sal genoem word: “Gewyde volk, volk wat deur die Here verlos is.” En jy, Jerusalem, sal genoem word: “Gewilde stad, stad wat nie verlate lê nie.”
JESAJA 62:6-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op jou stadsmure, Jerusalem, het ek wagte uitgesit. Dwarsdeur die dag en nag sal hulle nie 'n oomblik lank swyg nie. Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes, gun julleself geen rus nie! Gun Hom ook geen rus nie, totdat Hy haar gevestig het, totdat Hy Jerusalem 'n loflied op aarde gemaak het! Die HERE het 'n eed afgelê by sy regterhand, by sy kragtige voorarm: “Ek sal nie meer jou koring as voedsel aan jou vyande gee nie, en vreemdes sal nie meer jou •nuwe wyn drink waarvoor jy jou vermoei het nie. Maar wie insamel, sal eet, en hulle sal die HERE loof. Wie druiwe oes, sal die nuwe wyn drink in my heilige voorhowe.” Gaan deur, gaan deur die poorte, maak die pad vir die volk gereed. Vul op, vul die grootpad op! Vul dit op! Verwyder die klippe! Hou 'n banier omhoog vir die volke. Kyk, die HERE laat dit hoor tot by die einde van die aarde: “Sê vir die dogter van Sion, ‘Kyk, jou verlossing kom! Kyk, sy vergoeding is by Hom, sy beloning is voor Hom. ’ ” Hulle sal genoem word Heilige Volk, Losgekooptes van die HERE.” En jy, Jerusalem, sal genoem word Gesogte, Stad wat nie Verlate is nie.”
JESAJA 62:6-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het wagte op jou mure aangestel, o Jerusalem, wat dag en nag nooit sal swyg nie; julle wat die HERE noem, moenie stilbly nie, En gee Hom geen rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en tot 'n lof op die aarde gemaak het. Die HERE het gesweer by sy regterhand en by die arm van sy sterkte: Waarlik, Ek sal jou koring nie meer as spys vir jou vyande gee nie; en die seuns van die vreemdeling mag nie jou wyn drink waarvoor jy gearbei het nie. Maar die wat dit ingesamel het, moet dit eet en die HERE loof; en die wat dit bymekaargebring het, sal dit drink in die voorhowe van my heiligheid. Gaan deur, gaan deur die poorte; berei die weg van die volk; gooi op, gooi die grootpad op; haal die klippe uit; lig 'n standaard vir die mense op. Kyk, die HERE het tot aan die einde van die wêreld verkondig: Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou heil kom; kyk, sy loon is by hom, en sy werk voor hom. En hulle sal hulle noem: Die heilige volk, die verlostes van die HERE; en jy sal genoem word: Gesoekte, 'n nie verlate stad nie.
JESAJA 62:6-12 Die Boodskap (DB)
Ek het wagte op Jerusalem se mure uitgesit. Hulle moet dag en nag op die uitkyk wees. Hulle moet die Here sonder ophou aan sy beloftes herinner. Hulle mag nooit ophou nie. Hulle mag nooit kopgee nie. Hulle moet aanhou totdat die Here Jerusalem so herstel het dat die aarde oor hom kan sing. Die Here het ’n belofte aan Jerusalem gemaak. Hy het die krag om by sy belofte te bly. Hy het gesê: Ek sal nooit weer toelaat dat jou vyande jou koring by jou kom afvat om dit te eet nie. Buitelanders sal nie weer die wyn kom uitdrink waarvoor jy so hard gewerk het nie. Hulle wat die koring bymekaargemaak het, sal dit self eet en die Here daarvoor dank. Hulle wat die druiwe gepars het, sal die wyn self drink by die Here se tempel. Gaan uit by die hek. Gaan deur die poort van die stad uit buitetoe. Gaan maak die pad reg vir die volk wat terugkom. Maak die pad weer oop. Vat die klippe uit die pad uit. Sit ’n teken op wat die volke kan sien. Die Here stuur ’n boodskap uit oor die hele wêreld: “Sê vir die inwoners van Sion: Die Een wat jou verlos, is op pad na jou toe. Hy bring sy beloning saam met Hom. Hy laat hulle wat Hy loskoop, saam met Hom kom. Hulle sal die Here se volk genoem word. Hulle is die mense wat die Here vrygemaak het. Jerusalem sal genoem word die geliefde stad. Dit is die stad wat nie aan homself oorgelaat is nie.”