Jesaja 53:5-11

Jesaja 53:5-11 ABA

Ja, dit is óns wat opstandig was, maar hulle het hóm met 'n spies gesteek. Dit is óns wat verkeerd gedoen het, maar hulle het hóm stukkend geslaan. Hy het die straf gekry sodat dit goed kan gaan met óns, hy het seergekry sodat óns gesond kan wees. Ons almal het soos skape en bokke rondgeloop, elkeen het geloop waar hy wou loop. Ons almal het verkeerd gedoen, maar die Here het daardie man gestraf. Die mense het hom verdruk en seergemaak, maar hy het niks gesê nie. Hy was soos 'n skaap wanneer iemand hom wil slag of wanneer iemand sy wol afskeer, hy het stilgebly en niks gesê nie. Hy was 'n gevangene, hulle het gesê hy is skuldig. Was iemand bekommerd oor hoe dit met hom sal gaan? Nee, niemand nie. Hulle het hom afgesny van die mense wat lewe, hulle het hom laat swaarkry omdat sy volk opstandig was. Hulle het vir hom 'n graf gereedgemaak by skuldige mense, en toe hy sterf, het hulle hom begrawe by mense wat ander mense se goed gevat het en ryk geword het. Maar hy het niemand seergemaak nie en hy het niemand bedrieg nie. Die Here het besluit dat die dienaar moet seerkry en siek word. Die Here het gesê hy is 'n skuld-offer. Daarom sal hy lank lewe en 'n nageslag hê. Die Here sal sy dienaar gebruik om te doen wat die Here wil doen.” Die Here sê