Jesaja 43:14-21

Jesaja 43:14-21 ABA

Die Here praat, die Here wat julle vrygemaak het, die Heilige God van Israel, Hy sê: “Ek het 'n man gestuur om die stad Babel aan te val. Ek het dit gedoen om júlle te help. Die mense van Babel sal huil, hulle sal op hulle skepe klim en vlug. Ek is die Here, julle heilige God. Israeliete, Ek het julle gemaak, Ek is julle Koning.” Die Here praat. Dit is Hy wat 'n pad gemaak het deur die wilde see, en wat oorlogkarre en perde gestuur het, en ook baie en sterk soldate. Maar hulle is dood, hulle lê daar. Hulle sal nie weer opstaan nie, hulle is weg, soos die vlam van 'n lamp wat dood is. Die Here sê: “Julle moenie net dink aan wat voorheen gebeur het nie. Ek laat 'n nuwe ding gebeur, dit sal nou gebeur, en julle weet dit: Ja, Ek maak 'n pad deur die woestyn, en Ek laat riviere daar vloei. Die wilde diere sal My eer, ook die jakkalse en volstruise, want Ek gee water in die woestyn, sodat die volk wat Ek gekies het, water sal hê om te drink. Die volk wat Ek vir Myself gemaak het, sal vir almal vertel dat Ek God is.”