Die Here het gesê: “Die mense van Israel het sonde gedoen, hulle het gedoen soos die mense van Gibea, en hulle het aangehou om sonde te doen. Daar was oorlog teen die slegte mense van Gibea, en wanneer Ek so besluit, dan sal Ek die mense van Israel ook straf. Ek sal ander volke bymekaar laat kom teen hulle om hulle te straf, want hulle het weer en weer sonde gedoen. “Die mense van Efraim was soos 'n mak jong koei wat daarvan hou om koring op die dorsvloer te trap. Toe Ek daar verbykom en Ek sien sy het 'n sterk nek, wou Ek haar inspan voor die ploeg. Juda en die nageslag van Jakob moes saam die ploeg trek en die grond gelyk maak. “Ek het vir hulle gesê: ‘Julle moet doen wat Ek wil hê, dit is die saad wat julle moet saai. Dan sal Ek lief wees vir julle, dit sal die koring wees wat julle afsny. Julle moet nou begin om op my koringland te werk. Dit is nou die tyd om te vra wat die Here wil hê. Dan sal Hy kom en Hy sal dit laat reën, sodat dit goed sal gaan met julle.’ “Maar julle het verkeerd gedoen, dit is die saad wat julle gesaai het. Daarom gaan dit sleg met julle, dit is die oes wat julle afgesny het. Hoekom? “Omdat julle leuens vertel het. Daarom sal Ek julle straf. Julle het gedink dit sal goed gaan as julle self planne maak en baie soldate het. Daar sal oorlog kom teen julle. Die vyande sal al julle stede verwoes wat hoë mure het. Dit sal sleg gaan met julle soos met die mense van die stad Bet-Arbel toe koning Salman die ma's en hulle kinders saam doodgeslaan het. So sal dit ook gaan met die mense van Bet-El, want hulle het baie lelike dinge gedoen. Wanneer die dag begin, dan sal Israel nie meer 'n koning hê nie.”
Lees Hosea 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hosea 10:9-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's