Die HERE sê: “Israel, sedert die dae van Gibea het julle net sonde op sonde gepleeg. Daar het julle bly staan. Weens julle boosheid sal oorlog julle sekerlik in Gibea inhaal. Ek sal kom om hulle te oordeel. Nasies sal teen hulle optrek om hulle oor hulle menigte sondes te straf. “Israel is soos ’n geleerde vers wat daarvan hou om koring uit te trap. Maar nou sit Ek ’n swaar juk op haar mooi nek. Ek sal Israel inspan; Juda moet die harde grond omploeg terwyl Jakob sal moet eg. Ek het gesê: ‘Saai die goeie saad van geregtigheid en julle sal ’n opbrengs van my liefde oes. Ploeg die nuwe grond van julle harte, want dis nou die tyd om die HERE te soek sodat Hy kan kom en geregtigheid oor julle uitstort.’ “Maar julle het boosheid ingeploeg en ’n oes van sondes gekweek. Julle het die vrugte van leuens geëet. Jy het vir jou veiligheid staatgemaak op jou planne en jou militêre mag. Nou sal die ellende van oorlog op jou volk toesak. Al jou versterkte stede sal verwoes word net soos toe Salman vir Bet-Arbel verwoes het. Toe is selfs ma’s en kinders doodgeslaan. Bet-El, weens julle groot boosheid sal dieselfde lot julle tref. Teen dagbreek sal die koning van Israel daarmee heen wees.”
Lees HOSEA 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: HOSEA 10:9-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's