Habakuk 3:16-19

Habakuk 3:16-19 ABA

Ek hoor dit en ek skrik. My lippe bewe, my hele liggaam word lam, my bene ruk. Ek bly stil en ek wag dat die dag moet kom. Ek wag vir die dag wanneer daardie volk ook swaar sal kry, die volk wat teen ons oorlog gemaak het. Die vyeboom kry nie blare nie, en daar is nie druiwe aan die wingerdstok nie. Daar is niks olywe nie, en ons het nie koring in ons koringlande nie. Die vyande het ons skape en bokke uit ons kampe weggevat, en daar is nie beeste in die kraal nie. Maar ek is bly. Ek juig oor alles wat die Here doen, Hy is die God wat my red. Die Here maak my sterk. Hy help my om veilig te loop oor hoë berge, so maklik soos 'n ribbok daar loop.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Habakuk 3:16-19

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid