HABAKUK 3:16-19

HABAKUK 3:16-19 NLV

Toe ek al hierdie dinge hoor, het ek gesidder. My lippe het van vrees gebewe, my liggaam het lam geword, my bene het onder my ingegee. Tog sal ek rustig wag vir die dag wanneer rampspoed dié mense tref wat besig is om ons aan te val. Selfs al sal die vyebome nie bot nie en die wingerd sonder druiwe staan, al het die olyfoes misluk, en lewer die landerye niks op nie, al vergaan die kleinvee in die veld en is die beeskrale leeg; tog, ten spyte van alles, sal ek my verbly in die HERE! Ek sal juig oor God wat my verlos! Die oppermagtige HERE is my krag! Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok; op hoë plekke laat Hy my veilig loop. (Vir die musiekleier: Die psalm moet met snaarinstrumente begelei word.)

Gratis leesplanne en oordenkings oor HABAKUK 3:16-19

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid