Sy het weggegaan, haar sluier afgehaal en weer haar weduwee-klere aangetrek. Juda het sy vriend Gira van Adullam gestuur om die bok-lam vir haar te bring, sodat hy die seëlring en die toutjie en die kierie kon terugkry van die vrou, maar sy vriend Gira kon nie die vrou kry nie. Gira vra toe vir die mense by die plek waar sy gesit het: “Waar is die tempel-prostituut wat by Enajim langs die pad gesit het?” Maar hulle sê: “Hier is nie 'n tempel-prostituut nie.” Gira gaan toe terug na Juda toe en sê vir hom: “Ek het haar nie gekry nie, en die mense van daardie plek sê ook daar is nie 'n tempel-prostituut daar nie.” Toe sê Juda: “Sy mag die goed hou. Ek wil nie hê die mense moet ons spot nie. Ek het die bok-lam gestuur, maar jy kon haar nie kry nie.”
Lees Genesis 38
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 38:19-23
9 Dae
So baie mense voel onwaardig om kinders van God genoem te word. Hulle voel hulle is nie goed genoeg nie. Hulle verlede maak dat hulle nie kan glo God het hulle lief en dat Hy steeds 'n plan vir hulle lewe het nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n ander manier na jouself te kyk.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's