Hier is die verhaal van Isak, Abraham se seun. Toe Isak 40 jaar oud was, het hy getrou met Rebekka, die dogter van Betuel, 'n Arameër uit Paddan-Aram. Sy was die suster van Laban die Arameër. Isak het tot die Here gebid oor sy vrou, want sy kon nie kinders kry nie. Die Here het geluister na sy gebed, en sy vrou Rebekka het swanger geword. Die kinders in haar het baie teen mekaar geskop, en sy het gesê: “Hoekom skop die kinders so?” Sy het gaan bid en vir die Here gevra hoekom dit gebeur. Die Here het vir haar gesê: “Die twee kinders in jou sal mekaar se vyande word. Hulle sal twee volke word. Die een volk sal sterker wees as die ander volk, en die oudste sal die jongste dien.” Toe die kinders gebore is, was dit 'n tweeling. Toe die eerste seun gebore is, sien hulle hy is rooi en hy het baie hare op sy lyf, so baie hare soos op 'n dier se vel. Daarom het hulle hom Esau genoem. Daarna is sy broer gebore. Sy broer se hand het aan Esau se voet vasgehou. Hulle het hom Jakob genoem. Isak was 60 jaar oud toe die twee seuns gebore is.
Lees Genesis 25
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 25:19-26
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's