Eksodus 37

37
Die kis
1Besaleël het 'n kis van doringhout gemaak. Die kis was twee en 'n halwe el lank, een en 'n halwe el breed en een en 'n halwe el hoog. 2Hy het die kis binne en buite oorgetrek met skoon goud. Hy het 'n rand van goud rondom die kis se kante vasgesit. 3Hy het vier goue ringe gemaak en hy het een ring op elke onderste hoek van die kis vasgesit. Daar was twee ringe aan elke kant. 4Besaleël het dra-pale van doringhout gemaak en hy het dit oorgetrek met goud. 5Hy het die dra-pale deur die ringe gesteek wat aan die kante van die kis was. Hulle het die kis met die dra-pale gedra. 6Besaleël het die deksel van skoon goud gemaak. Die deksel was twee en 'n halwe el lank en een en 'n halwe el breed. 7Hy het twee gerubs van goud gemaak, en hy het hulle op die twee kante van die deksel vasgesit. 8Die een gerub was op die een kant van die deksel en die ander gerub was op die ander kant. Die gerubs en die deksel was een stuk goud. 9Die gerubs se vlerke was oop en dit het die deksel toegemaak. Hulle gesigte was na mekaar toe en hulle het na die deksel gekyk.
Die tafel
10Besaleël het 'n tafel van doringhout gemaak. Dit was twee el lank, een el breed en een en 'n halwe el hoog. 11-12Hy het die tafel oorgetrek met skoon goud en hy het 'n rand van goud rondom die tafel vasgesit. Die rand was 'n handbreedte. Aan hierdie rand was nog 'n rand en dit was ook van goud. 13Hy het vier goue ringe gemaak en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die tafel, een ring by elke tafel-poot. 14Die ringe was naby die rand, sodat hulle die dra-pale daardeur kon steek om die tafel te dra. 15Besaleël het die dra-pale van doringhout gemaak en hy het dit oorgetrek met goud. Hulle het die tafel met die dra-pale gedra. 16Hy het ook die goed gemaak wat hulle by die tafel gebruik het: die skottels, panne, kanne en bakke. Hulle het die drank-offers daarmee uitgegooi. Besaleël het alles van skoon goud gemaak.
Die lampstaander
17Besaleël het 'n lampstaander van skoon goud gemaak. Die lampstaander se voetstuk, die stam, die blomme en blomknoppe was alles een stuk goud. 18Daar was ses arms aan die kante van die lampstaander, drie arms aan die een kant en drie arms aan die ander kant. 19Daar was drie blomme aan elke arm. Die blomme het gelyk soos die blomknoppe en blomme van amandelbome. 20Daar was vier blomme aan die stam. Hulle het ook gelyk soos die blomknoppe en blomme van amandelbome. 21Op elke plek waar twee arms van die lampstaander bymekaarkom, was daar 'n blomknop. 22Die blomknoppe en die arms was alles een stuk goud, skoon goud wat Besaleël met 'n hamer geslaan en gevorm het. 23Besaleël het sewe lampe gemaak, en ook die dekseltjies wat die lampe doodmaak. Hy het alles van skoon goud gemaak. 24Hy het 'n talent skoon goud gebruik om die lampstaander te maak en alles wat by die lampstaander moes wees.
Die wierook-altaar
25Besaleël het 'n wierook-altaar van doringhout gemaak. Dit was vierkantig, een el lank en een el breed, en dit was twee el hoog. Die altaar en sy horings was een stuk hout. 26Hy het die wierook-altaar oorgetrek met skoon goud, die bokant van die altaar, die kante rondom die altaar, en die horings. Hy het 'n goue rand rondom die altaar vasgesit. 27Hy het twee goue ringe gemaak en hy het dit vasgesit onder die rand aan die twee kante van die altaar. Hy het die dra-pale deur die ringe gesteek om die wierook-altaar te dra. 28Hy het die dra-pale van doringhout gemaak en hy het dit oorgetrek met goud.
Die salf-olie en die wierook
29Besaleël het die gewyde salf-olie en die skoon wierook gemaak. Hy het dit gemaak soos 'n ambagsman salf maak.

Tans Gekies:

Eksodus 37: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid