Eksodus 36

36
1Moses het ook gesê: “Die Here het vir Besaleël en Oholiab en al die ander ambagsmanne wysheid en verstand gegee sodat hulle al die werk by die tempel kan doen. Hulle moet dit doen soos die Here gesê het.”
2Moses het vir Besaleël en Oholiab geroep, en ook al die ander ambagsmanne vir wie die Here vaardig gemaak het, elkeen wat wou help om te werk. Moses het hulle geroep om nader te kom om die werk te kom doen. 3Moses het vir hulle al die presente gegee wat die Israeliete gebring het vir die werk by die tempel. Die Israeliete het elke oggend nog presente na Moses toe gebring. 4Die ambagsmanne wat die werk by die tempel gedoen het, het almal gekom, elkeen het gekom van die plek waar hy gewerk het. 5Hulle het vir Moses gesê: “Die mense bring meer as wat nodig is vir die werk wat die Here gesê het ons moet doen.”
6Moses het gesê hulle moet vir almal in die kamp sê niemand moet nog presente vir die tempel gee nie. Die mense het toe nie weer presente gebring nie. 7Die presente wat hulle klaar gebring het, was genoeg vir al die werk, en daar het ook nog oorgebly.
Die Israeliete maak die tempel-tent
8Al die goeie ambagsmanne het die tempel-tent begin maak. Hulle het tien stukke materiaal geneem. Dit was goeie linne-materiaal en blou, pers en rooi wol-materiaal. Hulle het gerubs op die materiaal geborduur. 9Elke stuk materiaal was 28 el lank en vier el breed. 10Hulle het eers vyf stukke materiaal aan mekaar vasgewerk, en toe die ander vyf stukke. 11Hulle het blou lissies gemaak van wol-materiaal en hulle het dit vasgewerk aan die een kant van die materiaal. Hulle het dieselfde gedoen met die ander stuk materiaal. 12Hulle het 50 lissies vasgewerk aan die een stuk materiaal en 50 lissies aan die ander stuk materiaal. Die lissies was ewe ver van mekaar. 13Hulle het ook 50 goue hakies vasgewerk aan elke stuk materiaal sodat die hakies in die lissies kon haak, en sodat die stukke materiaal van die tempel-tent vas aan mekaar kon wees.
14Toe het hulle 'n seil gemaak van bokhaar-materiaal. Hulle moes die seil bo-oor die tempel-tent sit. Hulle het die seil van elf stukke bokhaar-materiaal gemaak. 15Elke stuk materiaal was 30 el lank en vier el breed. 16Hulle het eers vyf stukke materiaal aan mekaar vasgewerk en toe het hulle die ander ses stukke aan mekaar vasgewerk. 17Hulle het 50 lissies vasgewerk aan die kant van die een stuk materiaal en hulle het ook 50 lissies vasgewerk aan die kant van die ander stuk materiaal. 18Hulle het 50 brons hakies vasgewerk om die tent se stukke materiaal aan mekaar vas te maak, sodat dit een tent kon wees.
19Hulle het nog 'n seil vir die tent gemaak van skaapvelle wat hulle rooi gekleur het. Hulle het ook 'n seil gemaak van velle wat hulle sag gemaak het. Hulle het dit bo-oor die rooi seil gesit.
20Hulle het rame van doringhout vir die tempel-tent gemaak om die tempel-tent regop te hou. 21Elke raam was tien el lank en een en 'n halwe el breed. 22Elke raam het twee houtpenne en twee gate gehad. Hulle het die houtpenne in die gate gesit sodat hulle die pale styf aan mekaar kon vasmaak. Hulle het al die rame van die tempel-tent so vasgemaak. 23-26Hulle het 20 rame vir die suidekant en 20 vir die noordekant van die tempel-tent gemaak. Hulle het ook 40 silwer voetstukke gemaak vir elke kant. Hulle het die voetstukke onder die rame gesit, twee voetstukke onder elke raam waar die twee houtpenne is. 27Vir die agterkant van die tempel-tent, die westekant, het hulle ses rame gemaak 28en hulle het twee rame gemaak vir die hoeke van die tempel-tent, vir die twee agterste hoeke van die tempel-tent. 29Hulle het die hoekrame sterker gemaak van onder tot bo by die boonste ring. 30Aan die westekant was ag rame, en daar was 16 silwer voetstukke, twee voetstukke onder elke raam.
31-32Hulle het dwarspale gemaak van doringhout, vyf dwarspale vir die rame aan elke kant van die tempel-tent en ook vyf dwarspale vir die rame aan die agterkant van die tempel-tent, die westekant. 33Die middelste dwarspaal was lank. Hulle het dit vasgemaak in die middel van die rame, van die een kant tot by die ander kant. 34Hulle het die rame oorgetrek met goud. Hulle het ook goue ringe gemaak en hulle het die dwarspale deur die ringe gesteek. Hulle het die dwarspale oorgetrek met goud.
35Hulle het 'n gordyn gemaak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Hulle het gerubs daarop geborduur. 36Hulle het vier pale van doringhout gemaak en hulle het dit oorgetrek met goud. Hulle het goue hake daaraan vasgesit en vier silwer voetstukke daarvoor gemaak. 37Hulle het 'n gordyn gemaak vir die ingang van die tent. Hulle het dit gemaak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Hulle het daarop geborduur. 38Hulle het die gordyn opgehang aan vyf pale met hake. Hulle het die bo-punte van die pale oorgetrek met goud, en ook die dwarspale. Hulle het die vyf voetstukke van brons gemaak.

Tans Gekies:

Eksodus 36: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid