Eksodus 32:1-5

Eksodus 32:1-5 ABA

Die Israeliete het gesien Moses bly baie lank op die berg. Hulle het by Aäron bymekaargekom en vir hom gesê: “Kom, maak vir ons 'n god wat vir ons kan wys waarnatoe ons moet gaan. Hierdie man Moses het ons uit Egipte gebring, maar ons weet nie waar hy nou is nie.” Aäron sê toe vir hulle: “Haal af die goue ringe wat aan julle vroue, julle seuns en julle dogters se ore is. Bring dit alles vir my.” Toe haal al die mense die goue ringe van hulle ore af en hulle bring dit vir Aäron. Hy het dit geneem en gesmelt. Hy het 'n beeld van 'n bul-kalf daarvan gemaak. Toe sê die Israeliete: “Hierdie is ons god, hy het ons uit Egipte gebring.” Toe Aäron dit sien, het hy 'n altaar voor die beeld gebou en gesê: “Môre vier ons 'n fees vir die Here.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Eksodus 32:1-5