Eksodus 14:10-14

Eksodus 14:10-14 ABA

Toe die farao nader kom, het die Israeliete gesien dat die Egiptenaars hulle volg en jaag, en hulle het baie bang geword. Hulle het tot die Here gebid en hulle het Hom gevra om hulle te help. Maar vir Móses het hulle gesê: “Daar was baie plek in Egipte waar die mense ons kon begrawe. Hoekom het jy ons daar weggevat om in die woestyn dood te gaan? Wat het jy aan ons gedoen? Hoekom het jy ons uit Egipte gebring? Ons het vir jou in Egipte gesê jy moet ons los sodat ons die Egiptenaars se slawe kan wees. Dit is vir ons beter om hulle slawe te wees, beter as om in die woestyn dood te gaan.” Maar Moses het vir die Israeliete gesê: “Moenie bang wees nie. Bly waar julle is. Julle sal vandag sien dat die Here julle sal red. Julle sien vandag die Egiptenaars, maar julle sal hulle nooit weer sien nie. Die Here sal self oorlog maak en Hy sal vir julle veg teen die Egiptenaars. Julle moet stil wees.”

Video for Eksodus 14:10-14