EKSODUS 14:10-14

EKSODUS 14:10-14 NLV

Die farao het hulle begin inhaal. Toe die Israeliete sien dat die Egiptenaars agter hulle aan is, het hulle baie bang geword. Hulle het by die HERE begin pleit om hulle te help. Hulle het ook by Moses gaan kla: “Was daar nie genoeg plek in Egipte om ons daar te begrawe nie dat jy ons hiernatoe moes bring om hier in die woestyn te sterf? Wat het jy met ons aangevang om ons uit Egipte te laat trek? Het ons nie vir jou gesê om ons met rus te laat toe ons nog in Egipte slawe was nie? Dit was beter om slawe vir die Egiptenaars te wees as om lyke in die woestyn te wees!” Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie. Staan net daar waar julle is en kyk hoe die HERE julle vandag red. Hierdie Egiptenaars wat julle vandag hier voor julle sien, sal nooit ooit weer gesien word nie. Wag en kyk! Die HERE sal in julle plek veg.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid