Efesiërs 4:2-6

Efesiërs 4:2-6 ABA

Julle moenie hoogmoedig wees en gou kwaad word nie. Julle moet geduldig wees, julle moet mekaar vergewe omdat julle lief is vir mekaar. Die Heilige Gees het julle saamgebind soos een liggaam. Julle moet baie hard probeer om te lewe soos mense wat een liggaam is, julle moet in vrede lewe. Julle is een, en soos 'n mens net een liggaam het, so het julle almal dieselfde Heilige Gees in julle harte. Want God het julle almal gekies, julle almal behoort aan Hom, en julle is nou almal seker dat God sal doen wat Hy belowe het. Julle het almal een Here, julle glo dieselfde dinge, julle is almal gedoop. Julle behoort almal aan dieselfde God. Hy is die Vader van almal. Hy regeer oor almal en oor alles, Hy laat almal en alles vir Hom werk, Hy is in almal.

Video vir Efesiërs 4:2-6