Amos 2:6-8

Amos 2:6-8 ABA

Die Here sê: “Die mense van Israel het 'n baie groot sonde gedoen, daarom sal Ek hulle straf. Hulle het onskuldige mense verkoop om geld te kry, en die mense het slawe geword. Hulle het arm mense verkoop omdat die arm mense geld geskuld het vir 'n paar sandale. Hulle trap die arm mense se koppe in die grond in. Hulle doen nie reg aan die mense wat niks het nie. 'n Jongman en sy pa slaap by dieselfde slawe-meisie, en so ontwy hulle my heilige Naam. Hulle vat die klere van mense wat vir hulle geld skuld en gaan lê op daardie klere by die altare. Hulle laat mense boete betaal met wyn, en dan drink hulle die wyn in die huis van hulle God.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Amos 2:6-8