AMOS 2:6-8

AMOS 2:6-8 NLV

Die HERE sê: “Die mense van Israel het keer op keer gesondig. Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie! Hulle het die reg verdraai, eerlike mense vir geld verkoop en armes vir ’n paar sandale. Hulle vertrap hulpelose mense in die stof van die aarde. Hulle tree onregverdig op teenoor behoeftige mense. ’n Seun en sy pa slaap by dieselfde meisie. So bring hulle my Naam in die skande. By elke altaar lê hulle op klere wat hulle as pand gevat het. In die tempel van hulle god drink hulle wyn wat met boetegeld gekoop is.

Gratis leesplanne en oordenkings oor AMOS 2:6-8