Later het die Moabiete en Ammoniete gekom om oorlog te maak teen koning Josafat, en saam met hulle het nog ander Ammoniete ook gekom. Party mense het vir Josafat kom sê: “Daar het 'n groot klomp manne gekom om jou land aan te val. Hulle het gekom van anderkant die Dooie See uit die land Edom. Hulle is al klaar in die stad Gaseson-Tamar, dit is En-Gedi.” Josafat het bang geword, en hy het besluit om vir die Here te vra wat Hy sê. Josafat het gesê al die mense in Juda moet vas. Die mense van Juda het bymekaargekom om vir die Here te vra wat hulle moet doen. Hulle het uit al die stede van Juda gekom om vir die Here te vra om hulle te help.
Lees 2 Kronieke 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Kronieke 20:1-4
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's